Debra Meyer

Prof. Debra Meyer

Trustee

Oorsigtelike CV

Debra Meyer is ’n professor van biochemie en uitvoerende dekaan van wetenskappe by die Universiteit van Johannesburg.

Sy was voorheen hoof van die Departement Biochemie aan die Universiteit van Pretoria. Debra het ’n PhD in biochemie en molekulêre biologie van die Universiteit van Kalifornië – Davis (in die VSA) – en ’n MSc van die Randse Afrikaanse Universiteit, ontvang. Verder het sy professionele ontwikkelingskursusse aan Harvard en die Universiteit van Pretoria se Besigheidskool (GIBS) voltooi. Sy dien op die direksies van verskeie multinasionale maatskappye en is ook trustee van ’n aantal organisasies. Debra het vir langer as 13 jaar die weervoorspelling in Afrikaans op SABC 2 aangebied voordat sy in 2012 bedank het om op die bevordering van wetenskap en sosiale projekte te fokus. In dié opsig het sy in 2014 ‘Debra Deel’ van stapel gestuur, ’n aktuele wetenskapprogram op kykNET (DStv). Sy het al talle toekennings vir wetenskapskennis en gemeenskapsdiens ontvang.