Eric Wasserman

Eric Wasserman

Trustee

Oorsigtelike CV

Eric het in 1982 ’n BCom-graad in rekeningkunde aan die Universiteit van Pretoria behaal en in 1984 ’n honneursgraad in dieselfde vakrigting.

In 1984 behaal hy sy kwalifikasie as geoktrooieerde rekenmeester en in 1988 voltooi hy sy klerkskap by Ernst & Young. Eric het verskeie senior finansiële poste by die Suid-Afrikaanse Lugdiens en World Travel (Edms) Bpk beklee voordat hy in 2000 by Absa Groep aangesluit het. Voor sy aftrede by Absa was hy die Hoof- Finansiële Beampte van die groep se finansiële dienste-besigheidseenheid en was hy ook verantwoordelik vir strategiese projekte. Eric is tans die Hoof- Finansiële Beampte van die Innovation Groep in Suid-Afrika. Eric woon in Pretoria.