Martie Prinsloo

Administratiewe Beampte

Martie het in 1979 ’n BCom-graad in rekeningkunde aan die Universiteit van Pretoria behaal. In 2001 het die Noordwes-Universiteit ’n MBA aan haar toegeken.

Piet Steyn

Trustee

Piet sluit na skool as beroepsoldaat by die SAW aan. Hy neem eervolle ontslag uit die weermag en behaal ’n THOD aan die Onderwyskollege Goudstad.

Steinman de Bruyn

Steinman behaal sy BCom-graad (Rekeningkunde) in 1973 aan die Noordwes-Universiteit (voorheen PU vir CHO). In 1977 behaal hy ook ’n BIuris-graad, waarna hy sy LLB in 1979 voltooi.

Flip Buys

Trustee

Flip het in 1988 ’n graad in Kommunikasiekunde aan die voormalige Potchefstroomse Universiteit verwerf met staatsleer as ander hoofvak.

Eric Wasserman

Eric het in 1982 ’n BCom-graad in rekeningkunde aan die Universiteit van Pretoria behaal en in 1984 ’n honneursgraad in dieselfde vakrigting.

Debra Meyer

Debra Meyer is ’n professor van biochemie en uitvoerende dekaan van wetenskappe by die Universiteit van Johannesburg.

Colin Hertzog

Colin verwerf tussen 1989 en 1997 onder meer ’n BA- (BD) en ’n Mdiv-graad in teologie aan die Universiteit van Pretoria.

Charles Erasmus

Charles het in 1970 ’n BSc-graad aan die Universiteit van Pretoria behaal en het in 1982 as aktuaris gekwalifiseer.

Astrid de Vos

Uitvoerende trustee

Astrid het in 1979 ’n BA-graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf, asook ’n honneursgraad (sielkunde) aan dieselfde universiteit in 2007.

Dr Theuns Eloff

Voorsitter

Theuns verwerf tussen 1972 en 1989 B-grade in regte en teologie, en ’n meestersgraad en doktorsgraad in teologie aan die destydse PU vir CHO.